Search This Blog

Sunday 14 May 2017


N A T U U R W E T E N S K A P P E


Graad 4 


Materie & Materiale


(Vaste stowwe, Vloeistowwe en Gasse)


W A T E R 






___________________________________________________________

Suné Leigh Bezuidenhout


287 169 22 



__________________________________________



Materie & Materiale


(Vaste stowwe, Vloeistowwe en Gasse)


W A T E R



Vir wie is die les beplan?

- Die les is vir graad 4 leerders beplan


Waaroor gaan die les?

- Dit van onder die kennisafdeling Materie - en Materiale, Vaste stowwe, Vloeistowwe en Gasse, maar daar gaan gefokus word op water, as deel van 'n vastestof, vloeistof en gas.


Hoe lank gaan die les duur?

- Aangesien daar drie fases is, sal die les soos volg verloop :


1. Inleidende fase

10 - 15 Minute, maar dit kan dalk langer neem.


2. Onderrig- en Leerfase

20 - 30 Minute, maar dit mag dalk langer neem, omdat daar baie inhoud hanteer/behandel moet word.


3. Afsluitfase

10 - 15 Minute.



(Die moontlikheid is wel groot dat die les oor twee periodes afgehandel sal moet word.)


Aan die einde van hierdie sal leerders instaat wees om te kan onderskei tussen vaste stowwe (ys), vloeistowwe(water) en gasse(stoom).




YS (Vastestof)







WATER BOTTEL (Vloeistof)












KETEL MET STOOM (Gas)













_____________________________________________________________





Die uiteensetting van die lesplan is soos volg :


INLEIDENDE FASE


Die begin van die les is altyd die belangrikste. Daarom het ek besluit om 'n leer-atmosfeer, onderwyser-leerder-gesprek en die leerders se aandag op die volgende manier te verkry :

Ek gaan voor in die klas staan met 'n bakkie ys, 'n bottel water en 'n ketel.
Ek gaan vir elke leerder 'n blokkie ys gee wat hulle styf moet houvas in hul hande. Na enkele minutes sal ek vir die leerders vrae vra soos:
- Wat het met die ysblokkie gebeur?
- Hoekom het dit gebeur?
- Hoe het dit gevoel?



ONDERRIG- EN LEERFASE


In hierdie fase gaan ek alles van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse verduidelik om die voorbeeld van water te gebruik. Daar sal ook gebruik gemaak word van Media/Tegnologie en Web 2.0

Die fase sal begin nadat die onderwyser die pre-aktiwiteit in die inleidende fase met die leerders gedoen het. 
Ek gaan dan vir die leerders verduidelik dat as hy/sy ys (wat 'n vaste stof is) hitte gee, sal dit smelt en dit sal dan na 'n vloeistof verander, dis hoekom hulle water en waterduppels op hulle hande gevoel het. Ek gaan dan ook verduidelik dat as jy die water kook sal daar stoom vrygestel word, en dit sal weer 'n voorbeeld wees van 'n gas.

Ek wys vir leerders voorbeelde van algemene materiale van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse, soos water, ys en 'n ketel (vir stoom).

Ek gaan die inhoud soos gegee in die KABV-dokument aan die leerders verduidelik, waar ek die inhoud\inligting vanaf 'n oorhoofse projektor op die witbord gooi sodat leerders mkan volg op die skerm of leerders kan ook in hulle gegewe handboeke volg.

Van die inhoud sluit in :

1. Vaste stowwe(ys), vloeistowwe(water) en gasse(stoom) maak al die materiaal rondom ons uit.

2.'n Paar eienskappe van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse is:
   - Vaste stowwe behou hul vorm
   - Vloeistowe vloei en neem die vorm van 'n houer aan. Byvoorbeeld as jy water in 'n vierkantige          bak gooi sal die water die vorm van die bak het en as jy die water in 'n rondebak gooi sal dit die          vorm van die ronde bak aanneem.

Ek vra vir hulle of hulle die fliek Happy Feet onthou, waar die ys van die Pole begin smelt het. Dit alles kan gesien word as die proses vanaf 'n vaste stof na 'n vloeistof na 'n gas.

Ek gaan ook vir hulle prentjeis wys van ysberge wat gesmelt het en besig is om te smelt, asook 'n YouTube video van hoe die proses gedemonstreer word as'n Vaste stof na 'n Vloeistof en daarna na 'n Gas kan verander, en ook die teenoorgestelde demonstrasie van Gas wat na 'n Vloeistof kan verander en daarna weer na 'n Vaste stof.



Die fliek Happy Feet








Ysberg wat smelt









AFSLUITFASE

Daar sal geen nuwe kennis aan die leerders oorgedra word nie, maar dit kan meer gesien word as hersiening. Vir tuiswerk gaan leerders 'n opdrag kry wat hulle moet voltooi, die opdrag gaan maar net 'n paar vrae wees oor wat hulle vandag in die klas geleer het ens. Dit skep die geleentheid vir die leerders om weer die middag die werk te hervat.
Hierdie opdrag word dan die volgende dag weer terug gebring na die klas. 




______________________________________


VIDEO












Indien die video opname nie speel, gaan na die volgende link :

https://youtu.be/pVMgNNG6ygQ

of

EDTC 111 Blog Video

________________________________________

Kontakbesonderhede indien daar enige vrae is :


Suné Leigh Bezuidenhout' 287 169 22



Epos : suneleighbezuidenhout@gmail.com


Sel nr : 079 293 2010



Kontakstudent